Só verskil vlak drie van vlak vier

Deel hierdie storie / Share this story

President Cyril Ramaphosa het gisteraand aangekondig dat sommige provinsies moontlik aan die einde van dié maand vlak drie van inperking sal binnegaan.

In die konsepdokument wat die regering op 29 April uitgereik het, is die volgende dienste en produkte gelys as dit wat in vlak drie toegelaat sal word.

Die verkoop van alkohol sal moontlik in beperkte tyd toegelaat word.

Die verkoop van sigarette en tabakprodukte sal moontlik toegelaat word.

Vlak vier laat toe dat wintersklere, babaklere en komberse verkoop word. Vlak drie sal die verkoop van alle klere en skoene toelaat.

Mense sal sonder perke mag fietsry, draf of stap.

Plaaslike vlugte sal (beperk) toegelaat word.

Bouwerk sal toegelaat word, net nie aan residensiële geboue nie.

Droogskoonmakers sal mag open.

Boeke en huishoudelike toestelle sal mag verkoop word.

Klein besighede en myne sal weer 100% van die werknemerskapasiteit laat werk.