AFGANISTAN. – Terwyl die wêreld onder die aanslag van Covid-19 steier, het ‘n afgryslike aanval in ‘n kraamsaal in Kaboel agtien babas sonder hul ma’s gelaat.
Die New York Times berig die hospitaal is ná dié slagting ontruim.
‘n Gewapende man het die saal binne gestorm en die moeders voor die voet begin skiet. Talle babas is met bloed bevlek en moes daarna met hul families herenig word.
Dié aanval, vermoedelik weens ‘n geskil oor die uitruil van gevangenes, kom te midde van ‘n oorlog wat reeds vir meer as vier dekades duur. Dosyne mense word daagliks in dié land vermoor.
Niemand het nog verantwoordelikheid vir die aanval geneem nie.
Weens die verspreiding van Covid-19 is die ma’s nie toegelaat om besoekers te ontvang nie, selfs nie eens hul gades nie.
Dit was ‘n hartroerende taak om die babas te identifiseer. Hulle was steeds naamloos, en dit was ‘n gesukkel om hulle met hul families te verenig. Die babas is slegs aan mans oorhanding – die vermoordes se susters en moeders is nie toegelaat om die babas te ontvang nie.
Lees die volledige storie in die New York Times.



