VRYSTAAT. – ‘n Skoolkind van Bloemfontein, ouderdom nog nie bekend nie, is die week dood nadat hy deur ‘n motor getref is.
Skoolkind dood verklaar op toneel
Volgens Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, het die voorval op Kenilworth-weg by die New Tempe-lughawe gebeur. Mbambo sê verder met die polisie se aankoms is die kind aan die kant van die pad aangetref.
“Die skolier het noodlottige beserings opgedoien en is op die toneel dood verklaar.”
‘n Saak van strafbare manslag is geopen, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.
LEES OOK: Limpopo-vrou maak glo pasgebore baba in openbare toilet dood
LEES OOK: Foto van hartseer restaurantbestuurder op sosiale media gedeel
Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



