Oefen jou boarms met items uit jou koskas

Deel hierdie storie / Share this story

Met die gimnasiums wat toe is, kan jy blikkieskos uit jou kas gebruik om jou boarms te oefen. Om te oefen, het mens nie die duurste of selfs enige gimnasiumtoerusting nodig nie. Ons moenie dat enige struikelblokke ons van oefen weghou nie.

Oefen jou boarms só

Daar is verskeie ander maniere om steeds goeie resultate te kry. Met hierdie oefening gaan jy jou grootste boarm-spier (biceps) gebruik. Jy kan twee blikkies ingemaakte kos as gewigte gebruik. Jy kan selfs leë waterbotteltjies vol water maak en gebruik.

Begin met iets wat nie te swaar is nie en jy nog met gemak kan optel. Onthou om na elke week die aantal herhalings wat jy na mekaar kan doen te vermeerder. Wanneer jy voel dit is tyd om aan te beweeg na iets swaarder, neem ‘n groter waterkan of blikkie.

ONTHOU: ‘n Swaar gewig met meer herhalings is geneig om spiermassa te verhoog, terwyl ligte gewig en meer herhalings jou spiere se uithouvermoë verhoog.

Volg hierdie stappe:

  • Staan ​​met jou voete skouerwydte uit mekaar met ’n blikkie in elke hand. Jou elmboë moet op jou sye rus en jou voorarms moet voor jou lyf uitsteek.
  • Bring die blikkies tot by jou skouers deur jou elmboë te buig. Sodra jy bo is, hou dit vir drie tellings daar.
  • Laat jou voorarms tot by die beginposisie sak. Herhaal hierdie stappe.

LEES OOK: Rek en strek – dis belangrik om aan te hou beweeg

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.