Magnetiese gewigsverliesapparaat – wat dink jy hiervan?

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Gewigsverliesapparaat wat van magnete gebruik maak om te keer dat die kakebeen nie verder as 2 mm oopgaan nie, is deur wetenskaplikes in Nieu-Seeland en die Verenigde Koninkryk ontwerp.

Die apparaat is vir twee weke in die monde van sewe gesonde maar oorgewig vroue van Dunedin in Nieu-Seeland geplant. Die groep vrouens is op ‘n dieet geplaas wat slegs vloeistof en verminderde kalorieë bevat. Na die twee weke het die groep ‘n gemiddeld van 6,36 kg verloor. Dit is ongeveer 5,1% van hul liggaamsgewig.

Gewigsverliesapparaat word gekritiseer

Daar word wel berig party van die deelnemers het ongemak ervaar met die apparaat in hulle monde, veral as hulle moes praat. Ander het ook erken hulle het steeds tussendeur ongesond geëet deur gesmelte sjokolade en kaas te eet.

Die apparaat het ook heelwat kritiek ontvang en mense het daarna as “onmenslik” verwys. Die universiteit van Otago, wat betrokke was by die ontwikkeling van die apparaat, het gesê mense moet verstaan hierdie is nie ‘n langtermyn gewigsverliesopsie nie.

“Na twee of drie weke kan die magnete ontkoppel word en die toestel verwyder word. ‘n Minder beperkte dieet kan dan gevolg word en daarna kan die toestel weer gekoppel word.”

LEES OOK: Limpopo-vrou maak glo pasgebore baba in openbare toilet dood

LEES OOK: Foto van hartseer restaurantbestuurder op sosiale media gedeel

Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.