Lees ook: TikTok verwyder 7 miljoen minderjarige gebruikers
TikTok sê hy gebruik ‘n verskeidenheid metodes om vas te stel of gebruikers minderjarig is.

Die gewilde video-app TikTok het bekend gemaak dat hy 7 miljoen minderjarige gebruikers onder die ouderdom van 13 in die eerste drie maande van 2021 van die app verwyder het.
TikTok, wat baie gewild is onder slimfoongebruikers, het ook gesê dat hy byna 62 miljoen video’s wat teen gemeenskapsriglyne gaan, van die platform verwyder het.
TikTok sê hy gebruik ‘n verskeidenheid metodes om vas te stel of gebruikers minderjarig is, onder andere ‘n moderasiespan wat rekeninge monitor as hulle vermoed dat verbruikers oneerlik is oor hulle ouderdomme.
TikTok het meer as een biljoen gebruikers wêreldwyd. – AFP



