Bill Cosby (83), die bekende komediant, is uit die staatsgevangenis naby Philadelphia vrygelaat nadat sy skuldbevinding aan seksuele aanranding omgekeer is.
Die regters het in die hooggeregshof in Pennsilvanië gesê daar was ‘n “prosesoortreding” deur die aanklaer, maar erken dat hul uitspraak ongewoon was.
“Ek het al meer vir meer as twee jaar gereeld met Cosby te doen gehad en hy was nog altyd net positief. Hy het altyd geglo dat dit die resultaat sou wees,’ sê Brian Perry, een van Cosby se prokureurs.
Ander vroue beskuldig ook vir Bill Cosby
Cosby het meer as twee jaar van ‘n potensiële vonnis van drie tot tien jaar uitgedien. Hy is in 2018 skuldig bevind aan die bedwelming en molestering van die voormalige basketbalspeler Andrea Constand.
Constand het eerste in 2005 ‘n saak van aanranding by die polisie gaan maak. Daarna het sy die komediant vir seksuele aanranding gedagvaar en in 2006 is ‘n skikking met ‘n vertroulike ooreenkoms bereik. In 2014 en 2015 het tientalle vroue na vore gekom met soortgelyke bewerings van bedwelming en aanranding deur Cosby. Plaaslike owerhede het geweet dat die bepalings van verjaring beteken dat hulle nie die meerderheid van hierdie beskuldigings kan genruik nie, maar hulle het die saak rakende Constand heropen.
LEES OOK: Limpopo-vrou maak glo pasgebore baba in openbare toilet dood
LEES OOK: Foto van hartseer restaurantbestuurder op sosiale media gedeel
Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.



