KWAZULU-NATAL. – ‘n Ma en haar eenjarige baba het brandwonde aan hul onderste ledemate opgedoen nadat water wat vroeër gekook is, uit ‘n kookwaterkan (urn) op hulle geval het.
Die Reaksie-eenheid Suid-Afrika (RUSA) het omstreeks 14:34 by die woning opgedaag nadat hulle oproepe vir hulp van die publiek ontvang het. Met hulle aankoms het die 31-jarige vrou medici in kennis gestel dat sy water gekook het om te bad.
Ma en baba vir brandwonde behandel
Sy was besig om die kan van die kombuis na die badkamer te dra toe die handvatsel gebreek het. Dit het daartoe gelei dat die water op haar geval het. Sy het ernstige brandwonde aan albei haar bene opgedoen. Haar dogtertjie was tydens die voorval by haar en het brandwonde aan haar voete opgedoen.
Die ma en dogtertjie is op die toneel behandel voordat hulle per ambulans hospitaal toe vervoer is.
LEES OOK: Foto van hartseer restaurantbestuurder op sosiale media gedeel
Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



