Shane Jordaan – dag 24, geen teken van verstandelik gestremde man

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Die familie van Shane Jordaan (30), wat verstandelik gestrem is, vra mense se hulp om hulle te help soek na Jordaan nadat hy laas op 4 Junie gesien is.

“Steeds vermis. Asseblief help my om my broer te vind,” skryf Christan Jordaan, Jordaan se suster, op die Facebook-groep wat intussen begin is. Op die groep word foto’s en inligting oor Jordaan se verdwyning gedeel.

FiNDiT het vroeër berig Jordaan gebruik medikasie en sy familie en vriende vrees vir sy veiligheid en gesondheid. Jordaan bly vir die afgelope paar jare in die Kairos-tehuis op Elandshoek. Daar word vermoed hy het die tehuis te voet verlaat. Niemand het nog van Jordaan gehoor sedert hy verdwyn het nie.

Indien enigiemand weet waar hy is of hom dalk êrens sien, skakel die Cullinan-polisie by 012 734 0751.

LEES OOK: Familie steeds op soek na Shane Jordaan

LEES OOK: Gemeenskap steeds op soek na Shane Jordaan

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.