Meisie (11) jongste ma in Engeland

Die meisie was meer as 30 weke swanger toe sy geboorte gegee het.

Meisie (11) jongste ma in Engeland (Foto: My London)

Meisie (11) jongste ma in Engeland (Foto: My London)

‘n 11-jarige meisie is nou na berigte die jongste meisie in Engeland om geboorte te gee.

Die kind, wat 10 jaar oud was toe sy swanger geraak het, het vroeër dié maand geboorte gegee.

Maatskaplike dienste ondersoek nou die omstandighede waaronder die meisie swanger geraak het en is in kontak met die meisie se familie, wat glo nie van die swangerskap bewus was nie.

“Dit het as ‘n groot skok gekom,” vertel iemand ná aan die familie aan The Sun. “Sy is nou deur kenners omring. Die belangrikste is dat sy en haar baba gesond is. Daar is vrae oor waarom niemand geweet het nie.”

Die meisie was meer as 30 weke swanger toe sy geboorte gegee het.

Dr. Carol Cooper het aan The Sun gesê dat die meisie die jongste ma is waarvan sy al gehoor het. Sy het ook verduidelik dat ‘n meisie puberteit kan bereik op enige ouderdom tussen agt en 14 jaar oud.

“Gewig beïnvloed baie hormone. Omdat kinders deesdae swaarder is, gebeur puberteit ‘n bietjie vroeër,” sê sy. “Daar is ‘n hoër risiko vir ‘n lae-geboortegewig-baba, pre-eklampsie, vroeggeboorte en baie infeksies.”

Voor dié geval was die jongste ma wat in Engeland geboorte gegee het, die 12-jarige Tressa Middleton wat in 2006 geboorte ‘n baba gehad het .

Bronne: The Sun, Wales Online, New York Post, My London, Complex, Daily Mail

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.