Drie wat saam verdwyn se liggame gevind

Die polisie in KwaZulu-Natal ondersoek tans drie sake van moord.

Drie wat saam verdwyn se liggame gevind

Drie wat saam verdwyn se liggame gevind Foto: Verskaf, SAPS

DURBAN. – Die drie wat laas op 19 Junie gesien is, se liggame is die naweek in die Babanango-woude gevind.

Zinhle Nqobile Mkhize (33), Njabulo Lindani Khoza (21), en Nonhlanhla Kubheka (30) is laas gesien toe hulle op die betrokke dag in Kubheka se voertuig in die Nkandla-omgewing gery het. Volgens kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, is Kubheka se voertuig die volgende dag by haar huis in Nkandla met die sleutels gevind. Die bestuurderkant se ruit was gebreek.

Die polisie in KwaZulu-Natal ondersoek tans drie sake van moord. Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting om sers. Dlamini by 082 975 7731 of Crime Stop by 08600 10111 te kontak.

LEES OOK: Ma van ‘tienling’ – ouderdom en naam verskil glo op ID

Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.