Daar is baie dinge waaraan mense verslaaf kan wees, maar het jy al die een gehoor? Die vrou wat haarself voorstel as Olympia sê sy is net ‘n doodgewone vrou, maar sy is verslaaf daaraan om haarself as ‘n meubelstuk voor te doen.
Sy verduidelik alles het een Kersfees begin toe haar tannie per ongeluk op haar gaan sit het. Aanvanklik was sy verbouereerd en bang. Daarna het sy gewens dit gebeur weer. Sy het selfs eenkeer haarself vir drie ure lank as ‘n wasmasjien voorgedoen. Tydens die voorval het sy stilgestaan en haar hande in die rondte geswaai soos ‘n wasmasjien wat draai.
In die video sê sy die verslawing het baie erger geword. Sy weet nie hoe sy vir familie en vriende gaan vertel nie. Die video, wat op TikTok gelaai is, is al amper twee miljoen keer na gekyk.
@caseclosed911 what would u do if this happened in your house 😂 #fypシ #foryoupage #furniture #mystrangeaddiction #washing #washingmachine #saveher
♬ original sound – case 😌
LEES OOK: ‘Dis ‘n miracle,’ sê vrou (26) na ongeluk amper haar lewe eis
LEES OOK: Regering gaan regstappe teen Independent Media neem na vals berigte oor 10 babas
Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.



