KOPENHAGEN. – ‘n Vrou, Eldina Jaganjac (31), het in Maart 2020 opgehou om haar aaneenlopende wenkbroue te waks en haar snor te skeer omdat sy keelvol is vir die “belaglike” skoonheidstandaarde wat aan vroue gestel word.
Jaganjac kry nou te doen met mans wat vir haar “Pluk daardie hare!” in die straat skree. Volgens haar hanteer sy hierdie uitlatings op ‘n goeie manier. “Deur heeltemal natuurlik te wees, skei jy die vrot appels van die goeie appels. Op dié manier kan jy sien wie is potensiële lewensmaats,” sê sy aan Unilad.
“As ‘n man nie skeer nie en nie sy wenkbroue pluk nie, merk niemand dit op of lewer kommentaar nie, en dit is niks ongewoon nie.” Sy sê verder sy kan nou fokus op dinge in die lewe wat werklik saak maak in plaas daarvan om op haar uiterlike gefokus te wees.
LEES OOK: McAfee-stigter dood in sel gevind
LEES OOK: Regering gaan regstappe teen Independent Media neem na vals berigte oor 10 babas
Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.



