Honde-eienaars soek daagliks op Facebook na hulle honde. Foto’s word gedeel en belonings word belowe. Eienaars voel moedeloos terwyl hulle na hul verlore viervoetkinders soek, maar hoe kan jy jou honde beskerm?
Beskerm jou honde
Honde kan uit jou erf gesteel word of hulle kan uitglip.
Hoekom word honde gesteel?
– Kleiner honde word gesteel om in toetshondegevegte gebruik te word.
– Gesteelde honde word vir so min as R50 op straathoeke vir drank/dwelms verkoop.
– Opregte rasse word gesteel om mee te teel.
Hoe word honde gesteel?
– Hondediewe lok honde na die heining met kos en trek die hond oor die heining. Die DBV het ook gerapporteerde gevalle waar die honde kalmeermiddels ingegee is. Leer jou hond om nie kos van vreemdelinge te eet nie.
– ’n Wyfiehond word in paartyd gebruik om mannetjies nader te lok.
Hoe kan jy jou honde beskerm?
– Maak seker jou erf is omhein – elektriese omheining werk die beste.
– Hou jou hond meestal agter in die erf aan.
– Laat jou hond waar moontlik binne die huis slaap. Honde wat buite slaap, word maklik saans vergiftig.
– Laat jou hond steriliseer, sodoende kan die honde nie vir paring gebruik word nie.
– Laat plant ’n mikroskyfie in jou hond.
– Installeer CCTV-kameras rondom jou huis.
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



