Tienerseun vas na beweerde moord op oom

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Seun (17) verskyn binnekort in die Acornhoek-landdroshof op aanklag van moord ná sy 52-jarige oom doodgesteek is.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, sê die voorval het op Maandag 21 Junie by Ratanang Village in Casteel naby Bushbuckridge plaasgevind.

“Volgens die verslag was die tiener by die huis toe sy oom, wat by hom as sy voog gebly het, daar aangekom het,” sê Hlathi. “Daar het ‘n argument tussen hulle uitgebreek wat hartseer geëindig het toe die seun sy oom glo aanhoudend in sy bolyf gesteek het.”

Volgens Hlathi is die saak aan die polisie gerapporteer. “Toe hulle op die toneel aankom, het die slagoffer steeds in ‘n plas bloed gelê en steeds gebloei.”

Mediese personeel het hom op die toneel dood verklaar.

‘n Moordsaak is geopen en die verdagte is in hegtenis geneem.