’n Oupa (97) het mense laat skaterlag toe ’n video van hom wat in die middel van die nag, sonder ‘n bril, skoene of kierie, op ’n vierwielmotorfiets probeer ontsnap, op sosiale media geplaas is.
LEES OOK: Vrou steel glo baba terwyl sy vir die ma skoene koop
The Bandit
Edmund Heymans se kleinseun, Gerhard Theron, het die video gedeel en Heymans is nou The Bandit gedoop.
In die video kan Heymans gesien word waar hy op die vierwielmotorfiets klim en wegry. Minute later kan jy vir Theron agter hom sien aanhardloop.
LEES OOK: Apple betaal miljoene na student se kaalfoto’s uitlek
Kon oupa betyds inhaal
Theron het aan The South African gesê sy oupa het Alzheimer-siekte en die familie het die spesifieke aand vergeet om die huis te sluit. Hy het eers gedink dit is ’n boef wat die vierwielmotorfiets steel, maar het vinnig agtergekom dit is sy oupa.
“Gelukkig kon ek my oupa betyds inhaal!”
Kyk hier na die video:



