‘n Man wat Dinsdagaand bloot in sy kar gesit en wag het, is noodlottig gewond toe ‘n skietery voor ‘n bank in Old Main Road in Durban uitgebreek het.
Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê die man is op die toneel ondersoek en ‘n paramedikus het vasgestel dat hy noodlottige beserings opgedoen het. Hy is op die toneel dood verklaar.
Omstandighede wat tot die skietery gelei het, word ondersoek.



