December 3, 2021

Rugbyspeler geloof toe sy langs die kantlyn borsvoed

Brierley sê die reaksie wat sy van die publiek ontvang het, is ongelooflik.

Rugbyspeler geloof toe sy langs die kantlyn borsvoed

Rugbyspeler geloof toe sy langs die kantlyn borsvoed

ENGELAND. – ‘n Rugbyspeler van Bradford in Engeland sê die reaksie wat sy van die publiek ontvang het op ‘n foto van haar wat tydens ‘n wedstryd borsvoed, is “ongelooflik”.

Die foto van Emily Brierley (29), wat haar 14 week oue dogtertjie Arabelle langs die kantlyn van ‘n rugbyveld borsvoed, is wyd op sosiale media gedeel.

Dié ma van twee, wat vir Stanningley Ladies rugby speel, het gesê die foto wat gedeel is, het baie mense “meer oopkop gemaak” oor borsvoed in die openbaar.

Brierley moes vir ses maande eers ophou rugby speel en moes wag tot haar dokter haar die groen lig gee om weer te begin speel.

“Dit was absoluut ongelooflik om weer Sondag ‘n wedstryd te hê. Alles het na my toe teruggekom en ek het weer tuis gevoel.”

Brierley sê die reaksie wat sy van die publiek ontvang het, is ongelooflik en sy is bly dat sy die stigma rondom borsvoed in die openbaar kan breek.

“Ek dink dit het baie mense meer oopkop gemaak daaroor en laat besef dat dit eintlik ‘n natuurlike ding is en dit oukei is om dit in die openbaar te doen.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *