‘KZN-diamante’ toe eintlik net kristalle

Deel hierdie storie / Share this story

Ravi Pillay, LUR van KwaZulu-Natal se omgewingsontwikkeling, toerisme en omgewingsake, het Sondag gesê die stene wat verlede week in KwaZulu-Natal gevind is, is toe nié diamante nie.

Ongeveer 2 000 mense het Dinsdag op die dorpie KwaHlathi naby Ladysmith in KwaZulu-Natal toegesak om self te gaan “diamante” soek na ongeïdentifiseerde klippe onlangs in die gebied gevind is.

‘n Verklaring wat deur die departement van minerale bronne en energie gemaak is, het gesê die nuus van die “diamante” wat in die omgewing gevind is, het baie mense daarheen gelok.

“Die toetse dui daarop dat die stene inderdaad kwartskristalle is. Die waarde van die kristalle sal nog vasgestel word, maar dis aansienlik minder as dié van diamante.”