Vrou vermoor haar man in sy slaap met kokende suikerwater

Deel hierdie storie / Share this story

ENGELAND. – “Ek het hom seergemaak. Ek het hom regtig seergemaak. Ek dink ek het hom doodgemaak…” Dit was ‘n vrou, Corinna Smith (59), se woorde aan haar bure nadat sy haar man, met wie sy 38 jaar getroud was, in sy slaap vermoor het.

Smith het net na middernag ‘n emmer buite in die tuin gaan haal, dit met kookwater gevul en suiker daarin gemeng. Sy het die emmer met die kokende suikerwater geneem en na haar man, Michael Baines (81) gestap waar hy in die kamer gelê en slaap het.

Sy het die warm mengsel oor hom gegooi en daarna na haar bure gehardloop. Hy het ernstige brandwonde aan meer as ‘n derde van sy liggaam opgedoen en is vyf weke later in die hospitaal oorlede.

Vrou wat man vermoor, word gevonnis

Smith het aanvanklik onskuldig gepleit, maar het later haar storie verander. Sy erken wat sy gedoen het, maar sê dit was omdat sy nie “beheer oor haar aksies” gehad het nie. Daar word beweer Smith was in ‘n woordewisseling met haar man en sy familie.

“Sy was duidelik ontsteld oor wat voor die voorval plaasgevind het. Die getuienis toon sy was wel in beheer en het as gevolg van woede opgetree. Sy het die kokende suikerwater op haar man uitgestort om wraak te neem,” sê The Crown Prosecution Service (CPS).

Sy sal op 9 Julie gevonnis word.

LEES OOK: Ma van ‘tienling’ glo teen haar wil deur polisie aangehou

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.