DURBAN. – ‘n Man is in hegtenis geneem nadat ‘n vrou (21) wreedaardig vermoor is. Die slagoffer se liggaam is met verskeie steekwonde gevind.
Die polisie is na die Mlahlandlini-omgewing nadat hulle inligting omvang het van ‘n beweerde moord. Toe die verdagte die polisiebeamptes sien, het hy van sy huis na nabygeleë bosse gevlug. Die polisie het hom dadelik agtervolg en hy is in die bosse gevang en in hegtenis geneem.
Die verdagte word verbind met die moord op Anele Bhengu wat verskeie kere met ‘n mes gesteek is. Haar liggaam is op 13 Junie 2021 om 07:00 deur die polisie gevind.
Die verdagte sal binnekort voor die Umbumbulu-landdroshof verskyn.
LEES OOK: Ma van ‘tienling’ glo teen haar wil deur polisie aangehou
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



