KWAZULU-NATAL. – Lungani Gqwaru (28) is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy swanger meisie vermoor het.
In Desember 2020 het die beskuldigde vermoed sy meisie, wat 22 weke swanger was, verneuk hom. Op die betrokke dag het hy na haar huis gegaan waarna hulle ‘n ent gaan stap het.
Gqwaru het haar na ‘n afgeleë plek geneem waar hy haar noodlottig aangerand het. Hy het na die voorval van die toneel gevlug.
‘n Gemeenskapslid het die slagoffer saam met die beskuldigde voor haar dood gesien. Hy het die polisie ingelig. Gqwaru Is in hegtenis geneem en is in Durban se hooggeregshof gevonnis.
LEES OOK: Alan Winde versoek staatsbegrafnis na Surtie-Richards se afsterwe
LEES OOK: VIDEO: familie en vriende kyk hoe Shaleen se liggaam uit gastehuis geneem word
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



