Het jy al ooit gewonder waaroor jou honde droom? Wanneer jou honde saans so snoesig slaap, moet hulle tog sekerlik ook oor iets droom?
Daar is nie regtig ’n manier om vir seker te weet waaroor jou viervoetkinders droom nie, maar hierdie is wat die geleerdes oor dié onderwerp sê:
Volgens dr. Deirdre Barret, ’n kliniese en evolusionêre sielkundige by die Harvard Mediese Skool, lyk die drome van honde waarskynlik net soos dié van mense. Barret sê aangesien honde oor die algemeen baie geheg is aan hul menslike eienaars, droom hulle waarskynlik oor jou gesig, jou reuk en hoe hulle jou gaan tevrede stel of irriteer.
Jou honde droom wanneer hulle dít doen
Dieselfde studie beweer honde droom, nes mense, oor die alledaagse goed wat in hulle lewe plaasvind. Jy is ’n groot deel van jou hond se lewe en sal daarom in hulle drome verskyn.
Wanneer jou hond klein bewegings in sy slaap maak, is hy waarskynlik besig om te droom. Volgens Pedigree het navorsers gevind honde se slaappatrone en breingolfaktiwiteit is soortgelyk aan dié van ’n mens. Soos mense gaan honde in ’n diep slaapstadium waartydens hul asemhaling onreëlmatiger word en hulle vinnige oogbewegings het. Dit is tydens dié stadium wanneer drome en onwillekeurige bewegings plaasvind.
LEES OOK: Vrou gee geboorte aan 10 babas, breek wêreldrekord
LEES OOK: Rit na roetine-sonar eindig in tragiese ongeluk
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



