Taxi en vragmotor bots, sewe dood

Een kritiek beseerde pasiënt is deur die AMS- mediese helikopter na ‘n hospitaal vir dringende behandeling geneem.

Taxi en vragmotor bots, sewe dood

Taxi en vragmotor bots, sewe dood Foto: ER24

WES-KAAP. – Sewe mense is dood en 10 beseer toe ‘n vragmotor en taxi vanoggend op die R27 by Melkbosstrand gebots het.

Verskeie nooddienste was op die toneel. ER24 berig paramedici het vanoggend die vragmotor en taxi aan die kant van dié besige pad gevind. Die plaaslike owerhede het die pad gesluit, terwyl medici en reddingspersoneel die beseerdes behandel het.

Taxi en vragmotor in ongeluk betrokke

Paramedici het gevind sewe mense, waarvan sommige steeds in die taxi vasgekeer was, noodlottige beserings opgedoen het. Dié sewe slagoffers is op die toneel dood verklaar.

Tien ander mense het ligte tot ernstige beserings opgedoen. Gevorderde lewensondersteuningsbehandeling is toegepas voordat hulle na nabygeleë hospitale vir verdere sorg vervoer is. Een kritiek beseerde pasiënt is deur die AMS- mediese helikopter na ‘n hospitaal vir dringende behandeling geneem.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.

LEES OOK: Vrou gee geboorte aan 10 babas, breek wêreldrekord

LEES OOK: Rit na roetine-sonar eindig in tragiese ongeluk

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *