Polisiebeamptes help vrou in kraam

Sers. Mogoru sê hulle is dikwels in situasies waar hulle pligte buite die normale SAPD-mandaat moet uitvoer om lewens te red.

Polisiebeamptes help vrou wat in kraam is

Polisiebeamptes help vrou wat in kraam is

LIMPOPO. – Twee polisiebeamptes, sers. Mogoru en konst. Mnisi, is geprys nadat hulle ‘n vrou by die polisiestasie gehelp het om geboorte aan ‘n babadogtertjie te skenk.

Die jong ma het omstreeks 13:30 by die gemeenskapsdienssentrum (CSC) oor kraampyne gaan kla. Konstabel Mnisi was aan diens en sy het daarin geslaag om sers. Mogoru, wat op patrolliepligte was, te kontak.

Hulle het toe die vrou gehelp om in een van die sale geboorte te skenk. Ander beamptes het terselfdertyd ‘n ambulans ontbied wat onmiddellik die pasgebore baba en haar ma na die hospitaal vervoer het.

Sers. Mogoru sê verstaan sy die risiko’s verbonde aan al hierdie voorvalle, maar dat hulle dikwels in situasies waar hulle pligte buite die normale SAPD-mandaat moet uitvoer om lewens te red, gekonfronteer word.

LEES OOK: Shaleen Surtie-Richards (66) oorlede

LEES OOK: Rudi wat eens nege borde buffalo wings eet, verloor 228 kg

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *