GAUTENG. – Twee mans is dood en vier ander motoriste beseer toe ‘n motor gedeeltelik onder ‘n vragmotor tydens ‘n botsing by die Kaolin-en-Annan-kruising in Carletonville beland het.
Om 16:18 Woensdagmiddag het ER24 die vragmotor langs die pad aangetref met ‘n ligte motorvoertuig wat gedeeltelik vasgeknyp was. Drie ander ligte motorvoertuie is in die middel van die kruising gevind.
Paramedici het die beseerdes ondersoek en gevind dat die vragmotorbestuurder en die motorbestuurder onder die vragmotor reeds aan hul veelvoudige beserings beswyk het. Hulle is op die toneel dood verklaar. Vier ander beseerdes, waaronder ‘n 11-jarige seun, is ondersoek. Daar is gevind hulle het matige beserings opgedoen. Die beseerdes is behandel en daarna na nabygeleë hospitale vervoer.
Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.
LEES OOK: Video – polisielede weier glo hulp aan vrou
LEES OOK: Babaseuntjie lê leweloos na hy tussen ouers aan die slaap raak
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



