PRETORIA. – Owerhede in Gauteng het Woensdag op ‘n skiboot met kokaïen ter waarde van R400 miljoen toegeslaan.
Kol. Katlego Mogale, woordvoerder vir die direktoraat vir prioriteitsmisdaadsondersoek, sê een persoon is in hegtenis geneem.
Iemand het die polisie van inligting voorsien wat gelei het tot die deursoek van die boot.
“‘n Verdagte (39) is op die N1 deur owerhede in hegtenis geneem ná ‘n bakkie, wat ‘n 12 voet skiboot gesleep het, gestop en deursoek is. Toe die boot deursoek is, het die span op 800 kg suiwer kokaïen ter waarde van R400 miljoen afgekom.”
Die ondersoek duur voort en nog arrestasies word verwag.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



