PIETERMARITZBURG. – Sewe verdagtes is hier dood tydens ‘n bendeverwante skietgeveg met die polisie.
Volgens IOL het kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, het gesê vyf mans en twee vrouens is tydens die voorval doodgeskiet.
Mbele sê die polisie was besig met ‘n misdaadintelligensie-operasie wat hulle na ‘n huis geneem het. “Die huis was gesluit en die ingang was met ‘n net bedek. Polisielede het ingegaan, waarna die verdagtes het op hulle begin skiet het.”
Die polisie het teruggevuur. Dit het tot ‘n skietgeveg gelei waartydens die sewe verdagtes doodgeskiet is. “Ses gewere en pistole is op die toneel gevind,” het Mbele bygevoeg.
“Ons kan bevestig dat een van die oorledenes uit ‘n vragmotor met gevangenes (van die gevangenis na die hof) ontsnap het.”
Die ondersoek duur nog voort.
Lees ook: Pasop: Tea Tree olie is giftig vir diere



