Kyk! meisie verwilder beer om honde te beskerm

Deel hierdie storie / Share this story

KALIFORNIË. – Die video waarin ‘n meisie (17) ‘n beer verwilder om haar honde te beskerm, het omtrent die mense op sosiale media aan die praat.

Die video begin waar ‘n beerwyfie met haar welpies op die muur van ‘n erf loop. Na ‘n rukkie storm die honde, wat in die erf was, na die muur waarop die bere loop. Terwyl party van die honde terug huis toe hardloop, sien van die ander honde kans om die beer aan te vat.

Die video wys dan verder hoe die wyfiebeer met haar poot na die honde klap. Skielik haak die beer dan een van die klein hondjies aan sy pote.

Meisie veg teen beer om haar honde te red

‘n Meisie verskyn dan in die video. Sonder huiwering hardloop sy na die beer en verwilder hom van die muur af. Sy tel daarna ‘n hondjie op en hardloop terug huis toe.

Die meisie, Haily Morinico, het intussen verskeie onderhoude met plaaslike media gehad. Sy sê sy het op daardie oomblik nie regtig gedink nie en het net opgetree. Sy is net bly dit wat sy gedoen het, het gewerk.

“Al waaraan ek gedink het, was om my honde te beskerm,” het sy aan CNN gesê.

Video: Twitter-insrywing oor meisie wat die beeer veg.

LEES OOK: Babaseuntjie lê leweloos na hy tussen ouers aan die slaap raak

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.