Noord-Korea verban skinny jeans, mullets en neusringe

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD KOREA. – Kim Jong-un, die leier van Noord-Korea, het aangekondig alle skinny jeans, mullets en neusringe word verban as simbole van ‘n “kapitalistiese lewenstyl”.

Die verbod omvat 15 verskillende mode- en haarstyle, soos gekleurde hare, kort hare wat regop gestileer word en neusringe. Volgens die nuwe verbod val dié tipes haarstyle onder “anti-sosialistiese gedrag”.

“Die geskiedenis leer ons ‘n belangrike les dat ‘n land kwesbaar kan raak en uiteindelik soos ‘n klam muur kan ineenstort, ongeag sy ekonomiese en verdedigingsmag as ons nie ons eie leefstyl vashou nie. Ons moet versigtig wees vir selfs die geringste teken van die kapitalistiese leefstyl en veg om daarvan ontslae te raak,” word daar in ‘n plaaslike koerant berig.

LEES OOK: China bevestig eerste menslike geval van voëlgriep

LEES OOK: Babadogtertjie langs drom in straat gevind

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.