KIMBERLEY. – Die 31-jarige Nicolene Louw, wat sedert Donderdagaand om 20:00 in Kimberley vermis was, is gevind.
Haar kêrel se sussie, Chantelle Dilley, sê iemand het hulle via Facebook ingelig dat hulle haar op Orania by ‘n ryloopstop afgelaai het. Louw se oom bly op Orania en hulle kon uitvind dat sy sedert sy weg is, by hom was.
“Sy het kort voor agt nog ‘n boodskap aan my boetie gestuur en gesê sy is op pad huis toe. Sy was toe al die pad op pad Orania toe.
Sy het my nou geWhatsApp en gesê sy is veilig. Voor dit was haar selfoon 20:08 Donderdag laas aan. En dis vreemd, want sy sit nooit haar selfoon af nie. Die kos wat sy vir hulle sou maak, was uitgehaal.”
“Sy het dus oor alles gejok,” sê Dilley.
Dilley sê haar broer is binnekort op pad na Orania om haar te gaan haal.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



