Pfizer-entstof vir 12-15-jariges goedgekeur

Deel hierdie storie / Share this story

EUROPA. – Die European Medicines Agency (EMA) het Vrydag aangekondig dat kinders van 12 jaar tot 15 jaar oud in Europa nou met die Pfizer-entstof ingeënt kan word.

Duitsland beplan reeds om vroeg in Junie daarmee te begin.

Die EMA het gesê die entstof het geen “ernstige newe-effekte” op die kinders gehad nie.

Die BioNTech-Pfizer-entstof is die eerste entstof wat in Desember in Europa goedgekeur is en sedertdien is ongeveer 173 miljoen mense daarmee ingeënt. Lees meer hier.