Francois van Coke vs Derick Hougaard: Geveg begin

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA. – Die langverwagte boksgeveg tussen die Afrikaanse rocker, Francois van Coke, en oud-Bok Derick Hougaard het nou begin.

Die geveg vind by die Sun Arena by Time Square Casino in Pretoria plaas.

Dié twee het mekaar vroeër vanjaar op Twitter vir ‘n boksgeveg uitgedaag.

Van Coke het in ‘n onderhoud met Netwerk24 gesê hy het nog nooit so hard geoefen soos in dié tyd wat hy vir die boksgeveg voorberei nie.

Van Coke het lesse gekry by Tian Fick, swaargewigbokskampioen om hom te help om Hougaard te pak.

“Die oefeninge gaan goed, maar ek is nie sonder pyne nie,” het Van Coke aan Netwerk24 gesê. “Ek is al 40.”

Van Coke en Hougaard is reeds op 28 Mei geweeg vir die geveg.