Vrou vermis: ‘Daar was geen rede vir haar om weg te loop’

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die 31-jarige Nicolene Louw word sedert gisteraand om 20:00 in Kimberley vermis.

Haar kêrel se sussie, Chantelle Dilley, sê Louw het kort voor agt nog ‘n boodskap aan haar kêrel gestuur en gesê sy is op pad huis toe. Sy het egter nooit by die huis opgedaag nie.

“Haar selfoon was 20:08 laas aan. En dis vreemd, want sy sit nooit haar selfoon af nie. Die kos wat sy vir hulle sou maak, was uitgehaal. Sy en my boetie het nie baklei nie, so daar was nie rede vir haar om weg te loop nie.”

Dilley sê hulle beplan om haar as vermis te gaan aanmeld by die polisie. Intussen wag Louw se ma by die huis indien sy daar sou opdaag.

Louw woon in Moghul Park in Kimberley. Indien jy haar iewers gewaar of weet waar sy is, kontak 060 799 1845.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.