Ben Kruger sterf na hy Covid-inenting ontvang ONWAAR

Deel hierdie storie / Share this story

Na die dood van Ben Kruger, die Suid-Afrikaanse akteur, het gerugte die rondte begin doen. Volgens die gerugte het Ben drie dae nadat hy teen Covid-19 ingeënt is, gesterf. Die gerugte is egter onwaar.

Overaal Stereo 96.1 het in ‘n Facebook-plasing gesê Ben Kruger se mede-ster op Binnelanders, Germandt Geldenhuys, het aan hulle bevestig Ben het nooit die inenting gekry nie.

“Ek het met Ben se suster gepraat. Sy en Ben se ma het bevestig dat hy nie die inenting ontvang het nie.” Ben is wel oolede as gevolg van Covid-19 komplikasies. Volgens sy suster is hy slegs twee dae nadat hy positief getoets het, oorlede.

Talle Suid-Afrikaners is geskok en hartseer na die skielike afsterwe van Ben Kruger.

Lees ook: Prokureur steel glo boedelgeld