Jongman, ag maande onskuldig in gevangenis

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD.- Die 19-jarige Sihle het ag maande in die tronk spandeer. Hy is in Junie 2019 gearresteer vir ‘n saak van roof waarop hy na agt maande onskuldig gevind is. Toe hy uit die Pollsmoor-gevangenis vrygelaat is, het hy geen heenkome gehad nie en het besluit om by die Kolisi-organisasie aan te klop vir hulp om sy lewe reg te kry.

Volgens IOL is Sihle vrygelaat nadat na ‘n video-opname van die aand wat die roof plaasgevind het, gekyk is. Sihle het agt maande in die tronk deurgebring en het heeltemal kontak met die buitewêreld verloor. Terwyl hy in die tronk was, het sy ma in ‘n motorongeluk gesterf.

Na agt maande in die gevangenis slaap hy in huis vir haweloses

Nadat Sihle se vrylating uit die gevangenis het hy geen heenkome gehad nie. Aangesien sy ma intussen oorlede is, was haar huis reeds oorgeneem. Hy het vir drie maande in ‘n huis vir haweloses geslaap. Nadat hy daar uitgeskop is, het hy voor ‘n polisiestasie geslaap.

In sy agt maande in die tronk het Siya Kolisi die gevangenes toegespreek. Sihle het die tospraak onthou en besluit om met die Kolisi-organisasie kontak te maak en sy storie te vertel.

Kolisi-organisasie wil hom help

Hy was heel verras toe Rachel Kolisi hom terugantwoord en sê hulle gaan hom help om sy lewe om te draai. “Ek het nog min mense raakgeloop wat so veerkragtig is en so min mense wat dit wat hy oorkom het, oorkom het,” het Rachel gesê.

In ooreenstemming met hul leuse “Onthou die een, een vir een”, het die Kolisi-stigting ‘n tydelike skuiling vir Sihle gevind en hom ingeskryf vir kursusse om sy matriek te voltooi. Hy ontvang ook rekenaarvaardigheidsopleiding sodat hy ‘n beter toekoms kan hê en sy drome kan volg.

Die Kolisi-organisasie het ‘n Backabuddy-profiel vir Sihle oopgemaak waar hy geld van mense as ondersteuning kan ontvang.

“Ek dink dit is belangrik vir ons almal as Suid-Afrikaners om te besef dat dit die toestand van ons land is, en dit is die toestand waarin mense in ons land woon,” het Rachel gesê. “Sihle se verhaal is so belangrik, want dit is nie net sy verhaal nie. Dit is soveel ander mense se verhale in ons land. Hoe maak ons onsself bewus van hierdie verhale? Wat doen ons om daardie narratief te verander?”

Jy kan hier. ‘n donasie op BackaBuddy maak om Sihle te ondersteun.

Lees ook: Motorkaper neem kleuter terug na ma