VRYSTAAT.- ‘n Ma van hier is in die hospitaal opgeneem nadat sy na bewering haarself en haar twee kinders, Rethabile (9) en Naledi (3 maande), vergiftig het. Beide kinders is oorlede.
Volgens The South African is owerhede in kennis gestel dat twee kinders dood is. Toe hulle op die toneel aankom, het die ma (30) en beide kinders op die vloer gelê. Die kinders was reeds dood in daardie stadium.
Rede vir vergiftiging is onbekend
“Daar word beweer dat ‘n familielid wakker gemaak is met ‘n klop aan die deur. Dit was die ma van die oorlede kinders. Sy het glo die kinders een na die ander gebring en aangedui dat sy vir hulle gif gevoer het en dit ook self gedrink het. Nadat sy die kinders gebring het, het sy na bewering op die vloer ineengestort, ”het kol. Thandi Mbambo gesê.
Die ma is tans in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.
Die rede vir die misdaad is onbekend. Twee moordsake is oopgemaak en sal verder ondersoek word.
Lees ook: Twee vriende tel 50 000 sakke vol rommel op vir 50ste verjaarsdag



