Twee vriende tel 50 000 sakke vol rommel op vir 50ste verjaarsdag

“Ons wil hierdie planeet skoonmaak sodat ons kinders in die rivier en see kan kom swem sonder rommel rondom hulle.”

Saam het die twee vriende 'n opruimingsonderneming, genaamd Live Life Always (LLA), begin. (Foto: Good Things Guy)

JOHANNESBURG.- Twee vriende van hier het, tesame met ‘n span, 50 000 sakke vol rommel opgetel en geherwin ter herdenking van een van hulle se 50ste verjaarsdag. Die man en sy vriend se storie is een van goeie vriendskap en vasberadenheid.

Volgens Good Things Guy het dit Sean Williams en sy span ses maande geneem om hierdie doelwit te bereik en hy het dit reggekry ‘n dag voor sy 50ste verjaarsdag.

Williams en sy vriend, Lovemore Robson, het in Johannesburg bekend geraak as twee helde. Hierdie twee omgewingsbewustes lei ‘n span in ‘n opruimingsrevolusie.

Die twee vriende tel daagliks rommel op en werk baie hard om die omgewing, een stuk rommel op ‘n slag, te red. Hulle het selfs ‘n wonderlike nuwe baken geskep, die Lonehill Ecobrick-bankie. Die merkwaardigste aspek van die twee vriende se harde werk is die hoeveelheid rommel wat hulle opgetel het in ses maande se tyd. Hulle het meer as 360 000 kg se vullis opgetel.

Hoe die twee vriende ontmoet het

Robson was op soek vir ‘n dagwerk toe hy vir William ontmoet. Hy het nie veel op sy naam gehad nie en het in ‘n kamertjie gewoon. Vandag woon Robson en William saam in Lonehill. Robson het intussen ‘n lisensie gekry en is baie gelukkig.

Die twee vriende begin ‘n onderneming en tel rommel op

Saam het die twee vriende ‘n opruimingsonderneming, genaamd Live Life Always (LLA), begin. Hulle het meer as 20 inwoners van Diepsloot in diens geneem. Die werknemers help om die hele Fourways, Jukskeirivier en omgewing skoon te hou.

“Ons is passievol oor Moeder Aarde en sien en voel haar pyn. Ons wil hierdie planeet skoonmaak sodat ons kinders in die rivier en see kan kom swem sonder rommel rondom hulle,” sê Williams.

“As ons nie nou iets doen nie, sal daar baie min hoop wees vir toekomstige geslagte op aarde.”

Terwyl die twee vriende en hul span die omgewing skoonmaak, ondersteun hul ook hul gesinne en verander mense se ingesteldheid teenoor die groot probleem van afvalplastiek en rommel.

Die inisiatief werk met donasies en benodig voortdurende finansiering van R25,000 per week om voort te gaan.

“Ons benodige borgskappe. Ons het genoeg geld om nog vier dae aan te hou, en dan gaan hierdie arme inwoners van Diepsloot weer honger huis toe. Ek wil hierdie inisiatief laat groei sodat ons kan werk, opvoed en skoonmaak.”

Klik hier om ‘n bydrae te maak.

Lees ook: Spykers in pad, trokdrywers aangeval

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *