Takealot waarsku oor vals profiel wat die rondte doen

Die enigste plasing op die vals Takealot-profiel het diegene wat daaraan gedink het om die instruksies te volg, gewaarsku, aangesien dit wemel van die foute.

Die taal van vals Takealot-profiel laat ruik lont

Die taal van vals Takealot-profiel laat ruik lont. (Foto: Takealot-Facebook blad)

Takealot het ‘n waarskuwing op hul Facebook-blad geplaas oor ‘n vals profiel wat mense probeer kul. Die vals profiel is genaamd Takealot giveaway.

Takealot sê in hul Facebook-plasing dat dit ‘n verneukspul is. Hulle vra Facebook-gebruikers om asseblief glad nie interaksie met die vals profiel te hê nie.

Takealot versoek verder enige gebruiker om met hulle in aanraking te kom om verdagte kommunikasie te verifieer.

Die taal van vals Takealot-profiel laat ruik lont

Die enigste plasing op die vals Takealot-profiel het diegene wat daaraan gedink het om die instruksies te volg, gewaarsku, aangesien dit wemel van die foute. In die plasing word die gebruiker versoek om by ‘n skakel in te gaan en ‘n kontaknommer daar te los. Indien dit dan suksesvol is, sal die gebruiker gekontak word. ‘n Adres sal dan glo gevra word vir die aflewering van ‘n splinternuwe Playstation 5.

Wanneer ‘n gebruiker wel ingaan by die skakel, word hy gevra om te aanvaar dat hy R7 ‘n dag gaan moet betaal.

‘n Opmerking op die Facebook-plasing lui as volg:

“Op grond van die uitsonderlike Engels in die beskrywing, dink ek die is ‘n bedrogspul.”- Jonty Fouche.

Lees ook: Onderwyser verloor werk by kleuterskool oor tatoes

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *