KYK: Reaksiebeampte help vrou geboorte skenk

‘n Verpleegster uit die gemeenskap het hulp verleen.

KYK: Reaksiebeampte help vrou geboorte skenk

KYK: Reaksiebeampte help vrou geboorte skenk Foto: Skermgreep uit video

DURBAN . – ‘n Reaksiebeampte van Marshall Security word geprys nadat hy ‘n vrou, wat na bewering op straat bly, gehelp het om geboorte te skenk.

“In die vroeë oggendure het Marshall Security ‘n versoek ontvang om ‘n vrou in Baileyweg, Avoca, wat vermoedelik in kraam was, te help. Ons het onmiddellik ‘n ​​gewapende reaksiebeampte gestuur om ondersoek in te stel sowel as ambulansdienste ontbied,” skryf die maatskappy by die video van die voorval.

Met hulle aankoms het hulle beampte ontdek dat die pasiënt besig was om geboorte te gee. Haar water het reeds gebreek. ‘n Verpleegster uit die gemeenskap het hulp verleen en die vrou het omstreeks 03:15 vanoggend geboorte geskenk aan ‘n dogtertjie. Daar word verder berig die moeder en baba is met ‘n ambulans hospitaal toe vervoer vir verdere versorging en behandeling.

LEES OOK: Plaasaanval: boer in rug geskiet

LEES OOK: Man rand swanger meisie aan, trap talle kere op haar maag

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *