Petrus 2000, ‘n bottel wyn wat 14 maande in die ruimte deurgebring het, sal na verwagting vir $1 miljoen verkoop.
Volgens Up is hierdie bottel wyn een van ‘n dosyn wat in 2019 in die aarde se atmosfeer ingestuur is. Die wyn was vir amper 440 dae in die ruimte.
Professionele wynproeërs tesame met wetenskaplikes het ‘n bottel van hierdie ruimtewyn vergelyk met dieselfde bottel wyn wat nie ruimte toe gestuur is nie. Die paneel sê die ruimtewyn het sy eie unieke smaak en verskil van die een wat op aarde verouder het.
Hoe proe ‘n bottel wyn wat na verwagting sal verkoop vir $1 miljoen?
Jane Anson, ‘n joernalis en wynnavorser wat aan die proe deelgeneem het, sê: “Die aroma was meer blomme en meer rokerig – die dinge wat in elk geval met Petrus sou gebeur as dit ouer word.”
Christie’s veilinghuis sal die bottel ruimtewyn saam met ‘n bottel wyn van dieselfde soort, wat op aarde verouder het, verkoop. “Nadat hy byna 440 dae in die ruimte deurgebring het, kom die legendariese Bordeaux-wyn Petrus terug aarde toe. Dit, nadat hy verander is op ‘n manier wat letterlik nie van hierdie wêreld is nie,” het Nicolas Gaume, uitvoerende hoof van Space Cargo Unlimited, wat die wyn na die ruimtestasie gestuur het, gesê.
Christie’s sê die opbrengs van die wyn sal gaan vir die finansiering van toekomstige ruimtemissies en navorsing oor wyn.



