Motorkaper neem kleuter terug na ma

Foto: Pixabay

AMERIKA.- ’n Ma hier is ’n les geleer nadat ’n motorkaper haar kar, met haar kleuter binne, gesteel het.

Volgens IOL het die ma haar kleuter in die kar gelos en in die winkel ingegaan om melk en vleis te koop.

Owerhede sê die kaper het verby die kar geloop, teruggedraai, die deur oopgemaak, ingeklim en gery. Toe hy agterkom die vrou se kind is in die kar, het hy omgedraai en teruggery na die winkel waar hy die vrou die kop gewas het.

Volgens owerhede het hy die vrou geskel omrede sy haar kind in die kar gelos het en het glo gedreig om die polisie te bel.

Hy het toe die vrou toegelaat om die kind uit die kar te haal voor hy weer met haar motor weggery het.  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: