PIET RETIEF. – Lindokuhle Madonsela (23) is tot lewenslange tronkstraf vir die verkragting van ’n minderjarige meisie (16) in die Piet Retief-streekshof gevonnis.
LEES OOK: Vrou lotto gewen nadat winkeleienaar kaartjie teruggee
Groepsverkragting
Monica Nyuswa, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag in Suid-Afrika, sê die slagoffer het in November 2017 saam met haar vriende gaan stap toe hulle deur ’n groep mans agtervolg is. Haar vriende het daarin geslaag om weg te hardloop, maar sy is aangekeer en na ’n afgesonderde gebied geneem waar sy deur die groep verkrag is.
Glo ‘n liefdesverhouding
“Die voorval is die volgende dag by die polisie aangemeld, maar die slagoffer kon slegs vir Madonsela identifiseer. Hy is toe in hegtenis geneem.”
Madonsela het nie betwis dat hy seksueel met die klaagster verkeer het nie, maar het beweer dat hulle in ’n liefdesverhouding was. Hy het wel ontken dat hy deel van ’n groep mans was en dat sy deur die groep verkrag is.
DNS-uitslae het egter ’n ander storie vertel.
LEES OOK: Meisie (13) ondergaan noodoperasie na TikTok-neiging



