NAMIBIË. – ’n Familie van 11 is nou haweloos nadat die eienaar van die plakkershut in Windhoek se informele nedersetting in Babylon, waar hulle al 20 jaar lank woon, hulle uitgesit het.
Esther Hailonga het aan The Namibian gesê dit was pynlik om te sien hoe hul huis afgebreek word.
LEES OOK: Vrou lotto gewen nadat winkeleienaar kaartjie teruggee
Nêrens om te gaan nie
“Ons het nêrens om te bly of te slaap nie. Ons vader is tans in Ondobe in die Ohangwena-streek en kan nie behuising vir ons bied nie.”
Hailonga se broers is Woensdag in hegtenis geneem nadat hulle versuim het om hulle besittings uit die plakkershut te verwyder. Die eienaar het ‘n uitsettingsbevel teen die familie bekom.
Die eienaar van die erf het aan The Namibian gese sy pleit al sedert 2012 by die gesin om die plakkershut te ontruim nadat hulle geweier het om op te hou om hulle hut te vergroot.
Sy wou glo ‘n twee plakkershut op die erf oprig, maar kon dit nie doen nie omdat die familie net aan hulle hut bly aanbou het.
Bekgeveg breek uit
’n Bekgeveg oor die erf het bly uitbreek en die eienaar het besluit om ’n uitsettingsbevel te kry en die hut te laat sloop.
Ismael Basson, die streekbevelvoerder van Khomas, het bevestig dat ’n saak van minagting van die hof geopen is en dat die twee verdagtes in die hof verskyn het.
LEES OOK: Meisie (13) ondergaan noodoperasie na TikTok-neiging



