Leeutemmer toe amper leeukos

Deel hierdie storie / Share this story

RUSLAND. – ’n Russiese leeutemmer het amper leeukos geword toe ’n leeuwyfie hom twee maal tydens ’n vertoning platgetrek het.

LEES OOK: Meisie (13) ondergaan noodoperasie na TikTok-neiging

Toeskouers geskok

Verbouereerde toeskouers, wat uit ouers en kinders bestaan het, het toegekyk en sommige het uit die sirkustent gevlug terwyl die insident plaasgevind het. Maroela Media berig ’n swanger vrou het weens skok ’n epileptiese toeval gekry.

Hospitaal toe vir behandeling

Die leeutemmer het beserings aan sy arms en bene opgedoen terwyl die sirkuspersoneel die leeu met pale probeer afweer het. HY is na ’n hospitaal in Rusland vir mediese behandeling gehaas.

Die leeuwyfie sal glo nie weer tydens vertonings gebruik word nie en sal na ’n plaaslike dieretuin geneem word.

LEES OOK: Vrou lotto gewen nadat winkeleienaar kaartjie teruggee