Kelly Clarkson vervang nou Ellen DeGeneres

Deel hierdie storie / Share this story

The Kelly Clarkson Show sal van nou af die Ellen DeGeneres show op NBC vervang. Ellen DeGeneres (63) het op 15 Mei 2021 bekendgemaak haar televisiegeselsprogram, The Ellen DeGeneres Show, gaan na 18 jaar tot ‘n einde kom.

LEES OOK: Ma gee geboorte aan drieling – breek wêreldrekord

Eers in 2022

Dit gaan egter nou deur The Kelly Clarkson Show, met gasheer Kelly Clarkson (39), vervang word.

Die Kelly Clarkson Show is ’n Amerikaanse televisiegeselsprogram. Die televisieprogram bevat segmente oor alledaagse mense.

Dit gaan egter eers gebeur wanneer die Ellen DeGeneres show se laaste reeks in 2022 klaarmaak.

NBC sien uit

NBC sê hulle sien daarna uit om die Voice-afrigter in groter hoedanigheid wil betrek. “Die Kelly Clarkson Show is een van die mees optimistiese suksesverhale in die eerste lopiesindikasie.”

LEES OOK: Gert van Rooyen: slagoffers nooit gevind

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.