KRAAIFONTEIN.- Die gemeenskap van Kraaifontein is geskok nadat drie gevalle van selfdood in een week voorgekom het. Een van die slagoffers is ‘n 15-jarige meisie wat in haar skool se siekeboeg selfdood gepleeg het.
Volgens IOL het die 15-jarige Tamar Snyman haar eie lewe op die 18de Mei in haar skool se siekeboeg geneem. Haar ouers is geskok en sê hulle het nie geweet sy het sulke gedagtes gehad nie. Haar pa, Arnold Snyman, sê: “Vir ons was sy ‘n gelukkige kind en ‘n goeie student op skool. Ons het nooit gedink dat ons sou hoor dat sy dood is nie, wat nog van dat sy haarself doodgemaak het.”
“Ek probeer my bes om die situasie te verwerk en niemand die skuld te gee nie, maar ek kan nie anders as om te dink nie. Miskien sou ek ‘n beter situasie by my huis hê as ek ‘n werk gehad het om vir my gesin te sorg.”
‘n Paar dae na Tamar se dood is ‘n 27-jarige man se liggaam opgehang by ‘n inkopiesentrum gekry. Kort na sy dood is nog ‘n man, wat in sy 40’s was, se liggaam in sy ma se huis opgehang gekry.
“Dit is jammer dat sommige mense dit as die enigste uitweg beskou, en omdat ons hulle nie persoonlik ken nie, kan ons nie sê hoekom nie. Ons mense staan voor baie uitdagings. Ons moet ‘n verenigde front wees om dit aan te pak, ” het gemenskapsleier Neville Sampson gesê.
Kraaifontein-selfdood dalk as gevolg van Covid-19-pandemie?
Sharna Fernandez, LUR vir sosiale ontwikkeling, het gesê: “Baie individue oorweeg dalk om hul lewens te neem weens voortdurende spanning, trauma of as gevolg van die hantering van ander kwessies wat verband hou met geestesgesondheid, soos depressie en angs.”
“Daar is egter stelsels beskikbaar soos psigososiale ondersteuning en beradingsadvies om te help. Ek verstaan dat die pandemie gevoelens van selfisolasie en angs vererger het en kan veroorsaak dat individue meer selfmoordgedagtes het terwyl die pandemie aanhou. Dit is nou belangriker as ooit om nie bang te wees om oor jou gevoelens te praat nie,” het Fernandez gesê.
Lees ook: Talle renosters se horings verwyder om verdere stropery te keer



