Mr. Bones 3 – Leon Schuster nog nie reg vir rus nie

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA. – Die bekende komediant en rolprentmaker, Leon Schuster, is op die ouderdom van 70 besig om sy nuutste fliek, Mr. Bones 3, te verfilm.

Volgens NuMetro se webtuiste sal die fliek vanaf 26 November 2021 beskikbaar wees. Suid-Afrikaners is opgewonde oor die nuwe fliek. Die meeste kommentaar op die aankondiging van die nuwe fliek sê hulle kan nie wag om dit te sien nie.

Mr. Bones 3 volg na 13 jaar

Die eerste fliek van die Mr. Bones-reeks is op 30 November 2001 vrygestel en die tweede een het in 2008 gevolg.

Schuster het selfs vanjaar sy verjaardag op 21 Mei op die stel van die nuwe fliek deurgebring.

LEES OOK: KYK: busdrywer dink vinnig en vermy botsing reg van voor

LEES OOK: Maarten Coetzee al meer as drie maande vermis

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.