Sekuriteitswag wat tiener glo tydens Bloem-optog skiet kry borg

Deel hierdie storie / Share this story

BLOEMFONTEIN. – Die sekuriteitswag, wat Maandag in hegtenis geneem is nadat ‘n tienerseun tydens die Bloem-optogte geskiet is, het vandag in die hof verskyn.

Abel Lefu Letsela (56) is vandag in die landdroshof op borgtog van R1 000 vrygelaat. Daar was vroeër beweer dat die verdagte ‘n buitelander is, maar dit is intussen bevestig dat Letsela wel ‘n Suid-Afrikaner is.

Sekuriteitswag kry R1 000 borg

Daar word beweer ‘n groep betogers het ‘n pakhuis in Dr. Belcherweg aangeval. Die veiligheidswag, wat alleen was, het glo ‘n skoot afgevuur in ‘n poging om die skare te laat skrik. Die skoot het na bewering die 15-jarige seun, Jevano Siegel, getref.

Letsela sal op 9 Junie weer in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

LEES OOK: Bloem-optogte: sekuriteitswag in hegtenis na tienerseun doodgeskiet is

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.