KANADA. – ‘n Vrou, Amy Dunbar, het aan haar TikTok-aanhangers vertel van die aand wat sy in haar slaap geboorte gegee het. Die pasgebore baba het sy op haar bed gevind toe sy wakker word.
Dunbar begin die video deur te vertel ná meer as 12 ure in kraam het sy ‘n epiduraal ontvang wat haar ergste pyn moes verlig. Sy het begin vaak raak van die inspuiting en dadelik aan die slaap geraak.
“Die verpleegster wat my heeltyd gemonitor het, het op die masjien waaraan ek gekoppel was, gesien ek ondervind ‘n kontraksie. Ek het niks gevoel nie en het nie eers ‘n beweging gemaak nie.” Sy vertel verder haar ma, wat ook in die kamer was, en die verpleegster het nog ‘n grap gemaak en gesê die epiduraal moet regtig werk, omdat ek nie die pyn van die kontraksie gevoel het nie.
Vrou gee in slaap geboorte aan gesonde baba
“Nie eers ‘n minuut daarna nie, het die verpleegster my wakker gemaak en gesê dat sy nie meer die baba se hartklop hoor nie. Sy het gesê ek moenie bekommerd wees nie, want die baba het waarskynlik beweeg. Dis toe sy my vra om om te draai.”
“Toe ek omdraai en die komberse wegskuif, het ek iets gesien…” Haar pasgebore babadogtertjie het in haar bed gelê.
“My baba was in die bed. Ek het aan haar geboorte geskenk terwyl ek geslaap het. Die groot kontraksie was toe ek geboorte skenk.” Sy vertel die dokter het dadelik ingehardloop gekom. Hulle het haar ondersoek omdat sy nie gehuil het soos meeste ander babas nie. Sy was inderdaad heeltemal gesond.
LEES OOK: Carla Koen gevind nadat sy Vrydagmiddag verdwyn het
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



